Monday, June 19, 2006

Westminister en die South Bank district

Vandag se trippie het begin in Westminister - Big Ben en die Houses of Parliament, Westminister Abbey, St James's Park en Buckingham Palace (sien gerus my nuwe flickr account vir foto's, link is hier onder erens)...

...en toe oor na die South Bank district vir 'n bietjie boek-browsing en 'n scenic staproete langs die Thames af...

...ongelukkig het hierdie agenda my slap-bang in die middel van die grootste toeris-throng van my trip tot dusver geplaas, so ek het nie by baie plekke ingegaan nie. Ek gaan bietjie beter beplan vir die res van die week sodat ek dit nog kan inwerk, maar ek wou nie my dag op tou-staan mors nie. Verder is ek ook verantwoordelik vir aandete vanaand, so dit was nie 'n baie lang middag nie.

Hierdie foto is vir Marissa (dis die boekmark - ek het 'n old-school copy van Zen and the art of motorcycle maintenance aangeskaf, ingeval iemand gewonder het...as ek in Londen gebly het en ponde verdien het sou ek baie meer gretig gewees het):

1 Comments:

At 9:31 AM, Blogger Marissa said...

Sommer net so op straat? Cool!

 

Post a Comment

<< Home